Uitmuntende Kwiltwerk op Uitstalling


Uitmuntende Kwiltwerk op Uitstalling



Net 30 kwilte is in die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde se reisende uitstalling te sien, maar dié 30 verteenwoordig die heel boonste lagie van die kan room.


https://www.pressreader.com/south-africa/volksblad/20190411/281870119820027



Gallery

Click on photos to view enlargements and captions.



More Information



Volksblad / 11 Apr 2019 / Elretha Britz

 

Net 30 kwilte is in die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde se reisende uitstalling te sien, maar dié 30 verteenwoordig die heel boonste lagie van die kan room.
So beskryf die uitstallingskoördineerder Renee de Beyer die uitstalling wat van vandeesweek in Bloemfontein besigtig kan word.
Die kunswerke is gekies uit sowat 300 kwilte wat vir die vorige nasionale kwiltfees in 2017 in Port Elizabeth ingeskryf is. Dit is ’n tweejaarlikse geleentheid en gaan elke keer met ’n kompetisie gepaard.
Die uitstalling met die tema We Create bestaan uit muurbehangsels wat “uitmuntende voorbeelde van verskillende kwilttegnieke vertoon”.
Dit sluit in tradisionele ontwerpe, hand- en masjienwerk, laslappiewerk, lapkuns waarvan sommige met borduurwerk of tapisserie-steke versier is en ander “waaroor ’n mens die hande sal saamslaan”, sê De Beyer.
Sy sê die tegniese beskrywing vir ’n kwilt is ’n werk wat uit drie lae lap bestaan. Party kwilte lyk soos skilderye, soos die een wat smeltende yslae voorstel, maar aangesien dit met drie lae lap uitgevoer is, kwalifiseer dit as ’n kwilt.
Tien muurbehangsels in die uitstalling is “fibre art” deur meesterkwilters. Dit is dié kunswerke wat parte speel met jou oë – dis moeilik om te glo dit is uit stukke lap gemaak.
De Beyer sê belangstellendes kan gerus die volgende nasionale fees in September in Midrand besoek en al die inskrywings sien waaruit die sowat 30 bestes vir die volgende reisende uitstalling gekeur word.
Ná Bloemfontein word We Create na Kaapstad en Oos-Londen geneem waar die twee jaar lange reis deur Suid-Afrika en Namibië afgesluit word.
Die nuwe siklus met die tema Interchange begin met die nasionale fees in September.
â–  12 April tot 5 Mei in die Oliewenhuis-kunsmuseum, Bloemfontein.
â–  Wes-Kaap: Mei, Junie en Julie by die Goeie Hoopgilde en kleiner groepe waar belangstellendes vir besigtiging en ’n bespreking van die werke byeenkom.
â–  Oos-Londen: Besigtiging en ’n bespreking by ’n tuiste wat die gilde bekend maak.