Golden Gate


Golden Gate Quilters' Guild



The purpose of the Golden Gate Quilters Guild is to promote and preserve the art of quilting through friendship, knowledge and encouragement. The Guild consists of quilters from Bethlehem, Clarens, Harrismith, Reitz, Lindley, Fouriesburg, Senekal, Marquar



Province - Free State

Areas - Eastern Freestate, Bethlehem, Harrismith, Reitz

Meetings - Quarterly - February , May, August and November


President/Chairlady:

Rentia Wolmarans

082 571 5212

Click to email


Contact Person:

Fransis Corver

083 453 6092

Click to email





Gallery

Click on photos to view enlargements.



More Information



Ons groep is in Mei 2009 amptelik gestig.  Ons verrigtinge vind altyd plaas in Bethlehem, in die hartjie van die Oos-Vrystaat, met sy pragtige natuurskoon en berugte koue winters.

 

Dit is ook na aanleiding vanons natuurskoon en al die landboubedrywighede in ons omgewing wat as inspirasie gedien het om ‘n kwilt vir ons gilde te maak wat ons dan as ons emblem gebruik.

 

Die kwilt bestaan uit verskillende konstruksie, appliek en kwiltegnieke wat gebruik is om die mooi omgewing waarin ons woon en werk met lap te verewig.

 

Die Brandwagrots in die Golden Gate Nasionale Park is ‘n bekende baken in die sandsteenformasies wat ons omring.  Vandaar ook ons naam , die Golden Gate Plattelandse Gilde groep.

 

Die Ster op die kwilt dui op die Bethlehem Ster wat ons Christelike geloof simboliseer.

 

Eie aan ons omgewing is die Laubardi – populiere, kosmos, sandsteenhuise en die warmlugballonne wat Bethlehem bekend gemaak het.

 

Omdat die Oos-Vrystaat bekend is as ‘n landboustreek is daar op ons kwilt emblem ook talle voorbeelde van gewasse wat hier verbou en geproduseer word.

 

Die kwilt is amptelik in gebruik geneem op ons 5de verjaardag en word altyd uitgestal tydens vergaderings en word ook in ons advertensies gebruik.

 

Die doel van ons gilde is om kwiltwerk in die hele Oos-Vrystaat verder uit te bou en te bevorder.  Ons is ook altyd gretig en opgewonde oor nuwe lede wat wil aansluit.  Tans staan ons ledesyfer op ongeveer 50.

 

Ons as gilde kies ook elke jaar ‘n liefdadigheidsprojek waarby ons betrokke raak om dan ook iets in ons samelewing terug te gee, deur middle van ons kreatiewe vermoëns.  Die jaarlikse Nasionale Kwiltdag word dan gewoonlik vir ‘n liefdadigheidsprojek gebruik.

 

In ons gilde is daar ook verskeie kleiner groepe waar mense kan leer, saam kwilt en kuier.

 

Ander aktiwiteite in ons gilde is ‘n jaarlikse Quilting Retreat, ‘n Deurnag-kwilt en ook UFO dae.  Ons lede bly ook besig met UFO- en jaar projekte.

 

Kwilters is wonderlike gawe mense daarom is dit vir my ‘n voorreg om deel te wees van die vriendelike en kreatiewe Golden Gate Gilde.